Slaan oor na inhoud

Verspreidings- (Distribution) berekeninge (DIST)

Die prosedures hier onder kan gebruik word om sewe verskillende tipes verspreidingsberekeninge uit te voer.


1. Druk (DIST) om na die DIST-modus te verander.

2. Op die keuselys wat verskyn, selekteer 'n verspreidingsberekening-tipe.

Om hierdie tipe berekening te selekteer: Druk hierdie sleutel:
Normale waarskynlikheidsdigtheid (Normal PD)
Normale kumulatiewe verspreiding (Normal CD)
Inverse normale kumulatiewe verspreiding (Inverse Normal)
Binomiale waarskynlikheid (Binomial PD)
Binomiale kumulatiewe verspreiding (Binomial CD)
Poisson-waarskynlikheid (Poisson PD)
Poisson- kumulatiewe verspreiding (Poisson CD)

3. Ingesleutelde waardes vir die veranderlikes.

Met Binomial PD, Binomial CD, Poisson PD en Poisson CD kan voorbeelddata ingesleutel word en daarna berekeninge uitgevoer word.

4. Nadat waardes vir al die veranderlikes ingesleutel is, druk .

Dit vertoon die berekeningsresultate.

Wanneer of gedruk word terwyl 'n berekeningsresultaat vertoon word, sal daar na die insleutelskerm van die eerste veranderlike gegaan word.


Neem kennis

Om die verspreidingsberekening-tipe te verander nadat daar na die DIST-modus verander is, druk (STAT/DIST)(Type) en selekteer dan die verlangde verspreidingstipe.

Akkuraatheid van verspreidingsberekening is tot vyf beduidende syfers.


Veranderlikes wat insleuteling aanvaar

Die volgende is verspreidingsberekening-veranderlikes wat ingesleutelde waardes aanvaar.

Normal PD ........................... x, σ, μ
Normal CD ........................... Lower, Upper, σ, μ
Inverse Normal .................... Area, σ, μ (Tail-instelling altyd links.)
Binomial PD, Binomial CD... x (of List), N, p
Poisson PD, Poisson CD..... x (of List), μ

x: data
σ: standaard-afwyking (σ < 0)
μ: rekenkundige gemiddeld
Lower: onderste grens
Upper: boonste grens
Tail: waarskynlikheidswaarde se stertspesifikasie
Area: waarskynlikheidswaarde (0 ≦ Area ≦ 1)
List: voorbeelddata-lys
N: aantal proewe
p: sukseswaarskynlikheid (0 ≦ p ≦ 1)


List-skerm (Binomial PD, Binomial CD, Poisson PD en Poisson CD)

Met Binomial PD, Binomial CD, Poisson PD en Poisson CD, gebruik die List-skerm vir voorbeelddata-insleuteling. Tot 25 datamonsters kan vir elke veranderlike ingesleutel word. Berekeningresultate word ook op die List-skerm vertoon.

(1) Verspreidingsberekening-tipe
(2) Waarde by huidige wyserposisie
(3) X: Voorbeelddata
(4) Ans: Berekeningsresultate

Om voorbeelddata te redigeer:

Beweeg die wyser na die sel wat die data bevat wat geredigeer moet word, sleutel die nuwe data in, en druk dan .

Om data uit te wis:

Beweeg die wyser na die voorbeelddata wat uitgewis moet word en druk dan .

Om voorbeelddata in te voeg:

Beweeg die wyser na die posisie waar die voorbeelddata ingevoeg moet word, druk (STAT/DIST)(Edit)(Ins), en sleutel dan die voorbeelddata in.

Om alle voorbeelddata uit te wis:

Druk (STAT/DIST)(Edit)(Del-A).

Voorbeelde van DIST-modus-berekeninge

Voorbeeld 1: Om die normale waarskynlikheidsdigtheid te bereken wanneer x = 36, σ = 2, μ = 35

  • (DIST)
  • (Normal PD)
  • 36
  • 2
  • 35

Resultaat: 0,1760326634

Druk of om na die x-insleutelskerm te gaan.


Voorbeeld 2: Om die binomiale waarskynlikheid vir die voorbeelddata {10; 11; 12; 13; 14} te bereken wanneer N = 15 en p = 0,6

  • (DIST)(Binomial PD)
  • Vertoon die List-skerm: (List)

Om data te spesifiseer met parameterformaat, druk (Var).

  • 1011121314
  • 15
  • 06

Resultate:x = binomiale waarskynlikheid van 10 ≒ 0,18594
x = binomiale waarskynlikheid van 11 ≒ 0,12678
x = binomiale waarskynlikheid van 12 ≒ 0,063388
x = binomiale waarskynlikheid van 13 ≒ 0,021942
x = binomiale waarskynlikheid van 14 ≒ 4,7018 × 10-3


Druk om na die N-insleutelskerm te gaan. Druk om na die List-skerm te gaan (ingesleutelde voorbeelddata word gestoor).


Neem kennis

Die volgende kan nie in verspreidingsberekeninge gebruik word nie: Pol, Rec, ÷R, , d/dx.

Wanneer data met parameterformaat gespesifiseer word, word berekeningsresultate in Ans-geheue gestoor.

'n Foutboodskap verskyn indien die ingesleutelde waarde buite die toelaatbare variasiewydte is. "ERROR" sal in die Ans-kolom van die List-skerm verskyn wanneer die ingesleutelde waarde vir die ooreenstemmende voorbeelddata buite die toelaatbare variasiewydte is.

druk hierdie bladsy
Begin van bladsy