Slaan oor na inhoud

Foute

Die sakrekenaar sal 'n foutboodskap vertoon wanneer 'n fout om enige rede tydens 'n berekening voorkom.
Daar is twee maniere om 'n foutboodskap te verlaat: Druk of om die ligging van die fout te laat vertoon, of druk om die boodskap en berekening uit te vee.

Om die ligging van 'n fout te laat vertoon

Terwyl 'n foutboodskap vertoon word, druk of om na die berekeningskerm terug te keer. Die wyser sal na die plek gaan waar die fout plaasgevind het, gereed vir insleuteling. Maak die nodige regstellings in die berekening, en voer dit weer uit.


Voorbeeld: As 14 ÷ 0 × 2 per ongeluk ingesleutel is in plaas van 14 ÷ 10 × 2 (MthIO-MathO)

  • 1402
  • (of )
  • 1

Om die foutboodskap uit te vee

Terwyl 'n foutboodskap vertoon word, druk om na die berekeningskerm terug te keer. Neem kennis: dit vee ook die berekening uit wat die fout bevat het.

Foutboodskappe

Math ERROR

Oorsaak:

Die tussentydse of finale resultaat van die berekening wat uitgevoer is, oorskry die toelaatbare berekeningsvariasiewydte.

Die insleuteling oorskry die toelaatbare insleutelvariasiewydte (veral wanneer funksies gebruik word).

Die berekening wat uitgevoer word, bevat 'n onwettige wiskundige operasie (bv. om deur nul te deel).

Aksie:

Kontroleer die ingesleutelde waardes, verminder die aantal syfers, en probeer weer.

Wanneer 'n onafhanklike geheue of 'n veranderlike as argument van 'n funksie gebruik word, maak seker dat die geheue of veranderlike se waarde binne die toelaatbare variasiewydte vir die funksie is.


Stack ERROR

Oorsaak:

Die berekening wat uitgevoer word, het veroorsaak dat die kapasiteit van die numeriese stapel of die bevelstapel oorskry is.

Die berekening wat uitgevoer word, het veroorsaak dat die matriks- of vektor-stapel oorskry is.

Aksie:

Vereenvoudig die berekeningsuitdrukking sodat dit nie die kapasiteit van die stapel oorskry nie.

Probeer die berekening in twee of meer dele verdeel.


Syntax ERROR

Oorsaak:

Daar is 'n probleem met die formaat van die berekening wat uitgevoer word.

Aksie:

Maak die nodige regstellings.


Argument ERROR

Oorsaak:

Daar is 'n probleem met die argument van die berekening wat uitgevoer word.

Aksie:

Maak die nodige regstellings.


Dimension ERROR (slegs MATRIX- en VECTOR-modusse)

Oorsaak:

Die matriks of vektor wat in 'n berekening gebruik word, is ingesleutel word om die afmeting daarvan te spesifiseer.

'n Berekening is probeer doen met matrikse of vektore waarvan die afmetings nie daardie tipe berekening toelaat nie.

Aksie:

Spesifiseer die afmeting van die matriks of vektor en voer dan weer die berekening uit.

Kontroleer die afmetings wat vir die matrikse of vektore gespesifiseer is om te kyk of dit met die berekening versoenbaar is.


Variable ERROR (slegs SOLVE-kenmerk)

Oorsaak:

'n Oplossingsveranderlike is nie gespesifiseer nie, en daar is geen X-veranderlike in die ingesleutelde vergelyking nie.

Die oplossingsveranderlike wat gespesifiseer is, is nie in die ingesleutelde vergelyking, opgeneem nie.

Aksie:

Die ingesleutelde vergelyking, moet 'n X-veranderlike insluit wanneer die oplossingsveranderlike nie spesifiseer word nie.

Spesifiseer 'n veranderlike wat ingesluit is in die vergelyking wat as die oplossingsveranderlike ingesleutel is.


Can't Solve Error (slegs SOLVE-kenmerk)

Oorsaak:

Die sakrekenaar kon nie 'n oplossing kry nie.

Aksie:

Kontroleer vir foute in die ingesleutelde vergelyking.

Sleutel 'n waarde in vir die oplossingsveranderlike wat naby aan die verwagte oplossing is, en probeer weer.


Insufficient MEM Error

Oorsaak:

'n Poging om 'n numeriese tabel in TABLE-modus te genereer waarvan toestande veroorsaak dat dit die maksimum aantal toelaatbare rye oorskry. Die maksimum aantal rye is 30 wanneer "f(x)" vir die opstellingskeuselys-tabelinstelling geselekteer word, en 20 wanneer "f(x),g(x)" geselekteer word.

Aksie:

Verklein die tabel-berekeningsvariasiewydte deur die Start-, End- en Step-waardes te verander, en probeer weer.


Time Out Error

Oorsaak:

Die huidige differensiaal- of integraal-berekening eindig sonder dat die eindvoorwaarde nagekom word.

Aksie:

Probeer om die tol-waarde verhoog. Neem kennis: dit verlaag ook die oplossingspresisie.

druk hierdie bladsy
Begin van bladsy