Slaan oor na inhoud

Voorsorgmaatreëls

Lees die volgende veiligheidsmaatreëls voor gebruik van die sakrekenaar.

Veiligheidsmaatreëls

Battery

Hou batterye buite die bereik van klein kindertjies.

Gebruik slegs die tipe battery wat hierdie handleiding voorgeskryf is.

Hanteringsvoorsorgmaatreëls

Batterye moet volgens die rooster wat hier onder verskyn, vervang word, selfs al werk die sakrekenaar nog. Voortgesette gebruik ná die genoemde getal jaar kan tot abnormale werking lei. Vervang die battery onmiddellik nadat vertoonsyfers dof word.
fx-991ZA PLUS II: Elke drie jaar

'n Dooie battery kan lek, die sakrekenaar beskadig en dit verkeerd laat werk. Moet nooit 'n dooie battery in die sakrekenaar los nie.

Die battery wat saam met die sakrekenaar by aankope ingesluit is, is vir fabriekstoetsing en dit ontlaai effens gedurende verpakking en versending. Weens hierdie redes, sal die battery moontlik vinniger as wat verwag word, moet vervang word.

Moenie 'n nikkelbasis primêre battery saam met hierdie produk gebruik nie. Die produk en sulke batterye is nie aanpasbaar nie en kan tot skade aan die battery en die produk lei.

Vermy die gebruik en stoor van die sakrekenaar in plekke waar temperature baie hoog is en/of waar hoë vlakke van humiditeit of stof teenwoordig is.

Moenie die sakrekenaar aan baie hoë vlakke van druk of stampe blootstel nie en moenie die sakrekenaar buig nie.

Moet nooit die sakrekenaar uitmekaarhaal nie.

Gebruik 'n sagte, droë lap om die buitekant van die sakrekenaar skoon te maak.

Wanneer die sakrekenaar of batterye weggegooi word, maak seker dat daar binne die wette en regulasies van u omgewing opgetree word.

druk hierdie bladsy
Begin van bladsy