Slaan oor na inhoud

CASIO

Gebruikergids

Vind

Om 'n numeriese tabel te skep uit twee funksies (TABLE)

TABLE genereer 'n numeriese tabel gebaseer op een of twee funksies. Die funksie f(x) kan alleen gebruik word, of die twee funksies f(x) en g(x) kan gebruik word. Kyk "Om die sakrekenaar in te stel" vir meer inligting.
Voer die volgende stappe uit om 'n numeriese tabel te genereer.


1. Druk (TABLE) om na die TABLE-modus te verander.

2. Gebruik die X-veranderlike om twee funksies in te sleutel – een in die formaat f(x) en een in die formaat g(x).

Voer die X-veranderlike ((X)) in wanneer 'n numeriese tabel genereer word. Enige ander veranderlike behalwe X word as konstante hanteer.

Vir gebruik van 'n enkele funksie, sleutel 'n funksie slegs in die formaat f(x) in.

Die volgende kan nie in die funksie gebruik word nie: Pol, Rec.

3. Wag om gevra te word, en sleutel dan die waardes in wat gebruik moet word, en druk ná elkeen.

Vir hierdie vraag: Sleutel dit in:
Start? Sleutel die onderste limiet van X in (standaard = 1).
End? Sleutel die boonste limiet van X in (standaard = 5).
Neem kennis: Maak seker die End-waarde is altyd meer as die Start-waarde.
Step? Sleutel die inkrementstap in (standaard = 1).
Neem kennis: Die Step spesifiseer met hoeveel die Start-waarde opeenvolgend verhoog moet word namate die numeriese tabel gegenereer word. Indien Start = 1 en Step = 1 gespesifiseer word, word die waardes 1, 2, 3, 4, ens. opeenvolgend aan X toegeken om die numeriese tabel te genereer totdat die End-waarde bereik word.

Wanneer die Step-waarde ingesleutel word en gedruk word, genereer en vertoon dit die numeriese tabel volgens die gespesifiseerde parameters.

Druk terwyl die numeriese tabel vertoon word om na funksie-insleuteling in stap 2 terug te keer.


Voorbeeld: Om 'n numeriese tabel te genereer vir die funksies f(x) = x2 + 12  en g(x) = x2 - 12 vir die variasiereikwydte -1 ≦ x ≦ 1, verhoog in stappe van 0,5  (MthIO-MathO)

  • (TABLE)
  • (SETUP)(TABLE)(f(x),g(x))
    (X)12

  • ・ Druk sonder om enigiets vir g(x) in te sleutel om 'n numeriese tabel te genereer gebaseer op slegs f(x).

  • (X)12
  • 1105

Neem kennis

Die skerm met numeriese tabel kan slegs gebruik om waardes te bekyk. Tabelinhoud kan nie geredigeer word nie.

Om die numeriese tabel te genereer veroorsaak dat die inhoud van veranderlike X verander word.

Die maksimum aantal rye in die gegenereerde numeriese tabel hang af van die tabletinstelling op die opstellingskeuselys. Tot 30 rye word ondersteun vir die "f(x)"-stelling, terwyl 20 rye ondersteun word vir die "f(x),g(x)"-stelling.


Belangrik!

Die funksie wat ingesleutel is om die numeriese tabel te genereer, word uitgewis sodra die opstellingskeuselys in die TABLE-modus vertoon word of sodra daar tussen natuurlike vertoon en lineêre vertoon omgeskakel word.

druk hierdie bladsy
Begin van bladsy