fx-82ZA PLUS II
(NATURAL-V.P.A.M.)
Voordat gebruik van die sakrekenaar
Berekeningsmodusse en sakrekenaar-opstelling
Om uitdrukkings en waardes in te sleutel
- ▶Basiese insleutelingsreëls
- ▶Om met natuurlike vertoon in te sleutel
- ▶Variasiewydte van √ -vorm-berekening
- ▶Om waardes en uitdrukkings as argumente te gebruik (slegs natuurlike vertoon)
- ▶Oorheenskryf-insleutelmodus (slegs lineêre vertoon)
- ▶Om 'n uitdrukking te korrigeer en uit te vee
Basiese Berekeninge
- ▶Beweging ("toggling") deur Berekeningsresultate
- ▶Breukberekeninge
- ▶Persentasieberekeninge
- ▶Grade, Minute, Sekondes (Seksagesimale) Berekeninge
- ▶Multistellings
- ▶Gebruik Ingenieursnotasie
- ▶Resberekeninge
- ▶Priemfaktorisering
- ▶Berekeninggeskiedenis en Kyk weer
- ▶Gebruik van Geheuefunksies
Funksieberekeninge
- ▶Pi (π), natuurlike logaritme met basis e
- ▶Trigonometriese funksies
- ▶Hiperboliese funksies
- ▶Hoekeenheid-omskakeling
- ▶Eksponensiële funksies
- ▶Logaritmiese funksies
- ▶Magsfunksies en wortelfunksies
- ▶Omskakeling tussen reghoekige en polêre koördinate
- ▶Faktoriale funksie (!)
- ▶Absolutewaardefunksie (Abs)
- ▶Willekeurige getal (Ran#)
- ▶Willekeurige heelgetal (RanInt#)
- ▶Permutasie (nPr) en kombinasie (nCr)
- ▶Afrondingsfunksie (Rnd)
- ▶Grootste gemene deler (GCD) en kleinste gemene veelvoud (LCM)
Om berekeningsmodusse te gebruik
- ▶Statistiese berekeninge (STAT)
- ▶Om 'n numeriese tabel te skep uit twee funksies (TABLE)
- ▶Grondtal-n-berekeninge (BASE-N)
- ▶Verhoudingsberekeninge
Tegniese Inligting
- ▶Foute
- ▶Voordat aanvaar word dat die Sakrekenaar stukkend is...
- ▶Vervang Battery
- ▶Voorkeurvolgorde van Berekeninge
- ▶Berekeningsvariasiewydtes, aantal syfers en presisie
- ▶Spesifikasies
- ▶Om die egtheid van die sakrekenaar te verifieer
Algemene vrae
Foute
Die sakrekenaar sal 'n foutboodskap vertoon wanneer 'n fout om enige rede tydens 'n berekening voorkom.
Daar is twee maniere om 'n foutboodskap te verlaat: Druk of
om die ligging van die fout te laat vertoon, of druk
om die boodskap en berekening uit te vee.
Om die ligging van 'n fout te laat vertoon
Terwyl 'n foutboodskap vertoon word, druk of
om na die berekeningskerm terug te keer. Die wyser sal na die plek gaan waar die fout plaasgevind het, gereed vir insleuteling. Maak die nodige regstellings in die berekening, en voer dit weer uit.
Voorbeeld: As 14 ÷ 0 × 2 per ongeluk ingesleutel is in plaas van 14 ÷ 10 × 2 (MthIO-MathO)
- 14
0
2
(of
)
1
Om die foutboodskap uit te vee
Terwyl 'n foutboodskap vertoon word, druk om na die berekeningskerm terug te keer. Neem kennis: dit vee ook die berekening uit wat die fout bevat het.
Foutboodskappe
Math ERROR
Oorsaak:
Die tussentydse of finale resultaat van die berekening wat uitgevoer is, oorskry die toelaatbare berekeningsvariasiewydte.
Die insleuteling oorskry die toelaatbare insleutelvariasiewydte (veral wanneer funksies gebruik word).
Die berekening wat uitgevoer word, bevat 'n onwettige wiskundige operasie (bv. om deur nul te deel).
Aksie:
Kontroleer die ingesleutelde waardes, verminder die aantal syfers, en probeer weer.
Wanneer 'n onafhanklike geheue of 'n veranderlike as argument van 'n funksie gebruik word, maak seker dat die geheue of veranderlike se waarde binne die toelaatbare variasiewydte vir die funksie is.
Stack ERROR
Oorsaak:
Die berekening wat uitgevoer word, het veroorsaak dat die kapasiteit van die numeriese stapel of die bevelstapel oorskry is.
Aksie:
Vereenvoudig die berekeningsuitdrukking sodat dit nie die kapasiteit van die stapel oorskry nie.
Probeer die berekening in twee of meer dele verdeel.
Syntax ERROR
Oorsaak:
Daar is 'n probleem met die formaat van die berekening wat uitgevoer word.
Aksie:
Maak die nodige regstellings.
Insufficient MEM Error
Oorsaak:
'n Poging om 'n numeriese tabel in TABLE-modus te genereer waarvan toestande veroorsaak dat dit die maksimum aantal toelaatbare rye oorskry. Die maksimum aantal rye is 30 wanneer "f(x)" vir die opstellingskeuselys-tabelinstelling geselekteer word, en 20 wanneer "f(x),g(x)" geselekteer word.
Aksie:
Verklein die tabel-berekeningsvariasiewydte deur die Start-, End- en Step-waardes te verander, en probeer weer.
Argument ERROR
Oorsaak:
'n Nieheelgetal-argument is ingevoer vir die willekeurigegetal-funksie (RanInt#).
Aksie:
Voer slegs heelgetalle in vir die argument.