Voordat aanvaar word dat die Sakrekenaar stukkend is...
Voer die volgende stappe uit wanneer 'n fout tydens 'n berekening voorkom of wanneer die berekeningsresultate nie is wat verwag word nie. Indien een stap nie die probleem regstel nie, gaan dan na die volgende stap.
Let daarop dat afsonderlike kopieë van belangrike data gemaak moet word voordat hierdie stappe gevolg word.
1. Maak seker dat die ingesleutelde berekening nie foute bevat nie.
2. Maak seker dat die sakrekenaar in die korrekte modus is.
3. Indien bogenoemde stappe nie die probleem oplos nie, druk die
-sleutel. Dit sal die sakrekenaar 'n roetine laat uitvoer wat sal seker maak dat berekeningfunksies korrek werk. As die sakrekenaar 'n fout of iets ongewoons opspoor, sal dit outomaties die berekeningsmodus inisialiseer en die inhoud van die geheue uitvee. Vir inligting oor geïnisialiseerde instellings, kyk "Om die sakrekenaar in te stel".
4. Inisialiseer alle modusse en instellings deur die volgende te doen: 
(CLR)
(Setup)
(Yes).

