fx-82ZA PLUS II
(NATURAL-V.P.A.M.)
Voordat gebruik van die sakrekenaar
Berekeningsmodusse en sakrekenaar-opstelling
Om uitdrukkings en waardes in te sleutel
- ▶Basiese insleutelingsreëls
- ▶Om met natuurlike vertoon in te sleutel
- ▶Variasiewydte van √ -vorm-berekening
- ▶Om waardes en uitdrukkings as argumente te gebruik (slegs natuurlike vertoon)
- ▶Oorheenskryf-insleutelmodus (slegs lineêre vertoon)
- ▶Om 'n uitdrukking te korrigeer en uit te vee
Basiese Berekeninge
- ▶Beweging ("toggling") deur Berekeningsresultate
- ▶Breukberekeninge
- ▶Persentasieberekeninge
- ▶Grade, Minute, Sekondes (Seksagesimale) Berekeninge
- ▶Multistellings
- ▶Gebruik Ingenieursnotasie
- ▶Resberekeninge
- ▶Priemfaktorisering
- ▶Berekeninggeskiedenis en Kyk weer
- ▶Gebruik van Geheuefunksies
Funksieberekeninge
- ▶Pi (π), natuurlike logaritme met basis e
- ▶Trigonometriese funksies
- ▶Hiperboliese funksies
- ▶Hoekeenheid-omskakeling
- ▶Eksponensiële funksies
- ▶Logaritmiese funksies
- ▶Magsfunksies en wortelfunksies
- ▶Omskakeling tussen reghoekige en polêre koördinate
- ▶Faktoriale funksie (!)
- ▶Absolutewaardefunksie (Abs)
- ▶Willekeurige getal (Ran#)
- ▶Willekeurige heelgetal (RanInt#)
- ▶Permutasie (nPr) en kombinasie (nCr)
- ▶Afrondingsfunksie (Rnd)
- ▶Grootste gemene deler (GCD) en kleinste gemene veelvoud (LCM)
Om berekeningsmodusse te gebruik
- ▶Statistiese berekeninge (STAT)
- ▶Om 'n numeriese tabel te skep uit twee funksies (TABLE)
- ▶Grondtal-n-berekeninge (BASE-N)
- ▶Verhoudingsberekeninge
Tegniese Inligting
- ▶Foute
- ▶Voordat aanvaar word dat die Sakrekenaar stukkend is...
- ▶Vervang Battery
- ▶Voorkeurvolgorde van Berekeninge
- ▶Berekeningsvariasiewydtes, aantal syfers en presisie
- ▶Spesifikasies
- ▶Om die egtheid van die sakrekenaar te verifieer
Algemene vrae
Kom aan die gang
Om die deksel te verwyder
Voordat die sakrekenaar gebruik word, skuif die deksel (omhulsel) afwaarts om dit te verwyder. Skuif dit daarna oor die agterkant van die sakrekenaar soos in die illustrasie hier onder.

Skakel die sakrekenaar aan en af
Druk om die sakrekenaar aan te skakel.
Druk (OFF) om die sakrekenaar af te skakel.
Neem kennis
Die sakrekenaar sal outomaties ná ongeveer 10 minute afskakel of nadat dit vir ongeveer 60 minute nie gebruik is nie. Druk die -sleutel om die sakrekenaar weer aan te skakel.
Om skermkontras te verstel
1. Druk (SETUP)
(
CONT
).
2. Gebruik en
om die skermkontras te verstel.
3. Sodra die instelling is soos verlang, druk .
Belangrik!
Indien verstelling van die skermkontras nie die skerm meer leesbaar maak nie, beteken dit waarskynlik dat die battery laag is. Vervang die battery.
Sleutelaanduidings
Deur die - of
-sleutel te druk, gevolg deur 'n tweede sleutel, sal die alternatiewe funksie van die tweede sleutel uitvoer. Die alternatiewe funksie word aangedui deur die teks wat bo die sleutel gedruk is.
(1) Hoofsleutel-funksie (2) Alternatiewe funksie
Karakters tussen hakies (┌ ┐) wat dieselfde kleur is as DEC, HEX, BIN en OCT word in die BASE-N-modus gebruik.
Die volgende is 'n voorbeeld van hoe 'n alternatiewe funksieoperasie in hierdie handleiding voorgestel word.
Voorbeeld: (sin-1)* 1
*Dui die funksie aan wat deur die insleuteling (
) vóór dit uitgevoer word. Let wel: dit is nie deel van die werklike insleuteling wat uitgevoer word nie.
Die volgende is 'n voorbeeld van hoe om 'n insleuteling te doen om 'n skerm-keuselysitem te selekteer, in hierdie handleiding voorgestel word.
Voorbeeld: (COMP)**Dui die keuselysitem aan wat geselekteer word deur die getal-insleuteling (
) vóór dit. Let wel: dit is nie deel van die werklike insleuteling wat uitgevoer word nie.
Die wysersleutel is gemerk met vier pyle, wat rigting aandui, soos in die illustrasie hiernaas. In hierdie handleiding word wyser-insleuteling aangedui as ,
,
en
.
Lees die skerm
Danksy die tweereël-skerm kan beide die insleutel-uitdrukking en die resultaat daarvan terselfdertyd vertoon word.
(1) Insleutel-uitdrukking
(2) Berekeningsresultaat
(3) Aanduiders
Indien 'n -aanduider aan die regterkant van die berekeningsresultaat verskyn, beteken dit die vertoonde berekeningsresultaat gaan voort aan die regterkant. Gebruik
en
om deur die berekeningsresultaat-skerm te blaai.
Indien 'n -aanduider aan die regterkant van die insleutel-uitdrukking verskyn, beteken dit die vertoonde berekening gaan voort aan die regterkant. Gebruik
en
om deur die insleutel-uitdrukking-skerm te blaai. Let wel: om deur die insleutel-uitdrukking te blaai terwyl beide die
- en
-aanduiders vertoon word, moet daar eers
gedruk word, en daarna
en
gebruik word om te blaai.
Skermaanduiders
Hierdie aanduider: | Beteken dit: |
---|---|
![]() |
Die sleutelbord is verplaas deur die ![]() |
![]() |
Die alfa-insleutelmodus word geaktiveer deur die ![]() |
M | Daar is 'n waarde in die onafhanklike geheue gestoor. |
STO | Die sakrekenaar wag vir insleuteling van 'n veranderlikenaam om 'n waarde aan die veranderlike te kan toeken. Hierdie aanduider verskyn nadat ![]() ![]() |
RCL | Die sakrekenaar wag vir insleuteling van 'n veranderlikenaam om die veranderlike se waarde op te roep. Hierdie aanduider verskyn nadat ![]() |
STAT | Die sakrekenaar is in STAT-modus. |
![]() |
Die standaard-hoekeenheid is grade. |
![]() |
Die standaard-hoekeenheid is radiale. |
![]() |
Die standaard-hoekeenheid is desimale grade. |
FIX | 'n Vaste aantal desimale plekke is van krag. |
SCI | 'n Vaste aantal beduidende syfers is van krag. |
Math | Natuurlike vertoon is geselekteer as die vertoonformaat. |
![]() ![]() |
Berekeninggeskiedenis-geheuedata is beskikbaar en kan weer gewys word, of daar is meer data bo/onder die huidige skerm. |
Disp | Die skerm vertoon tans 'n tussentydse resultaat van 'n multistelling-berekening. |
Belangrik!
Indien by 'n sekere soort berekening dit 'n lang tyd neem om uit te voer, kan die skerm dalk slegs bogenoemde aanduiders vertoon (sonder enige waardes) terwyl dit die berekening intern uitvoer.
Om keuselyste te gebruik
Sommige van die sakrekenaar se operasies word uitgevoer met behulp van keuselyste. Om byvoorbeeld of
te druk, sal 'n keuselys vertoon van toepaslike funksies.
Die volgende is wat gedoen moet word om tussen keuselyste te beweeg.
'n Keuselys-item kan geselekteer word deur die nommersleutel te druk wat met die nommer links daarvan op die keuselys-skerm ooreenstem.
Die -aanduider in die regter boonste hoek van 'n keuselys beteken dat nog 'n keuselys onder die huidige een is. Die
-aanduider beteken daar is nog 'n keuselys bo dit. Gebruik
en
om tussen keuselyste oor te skakel.
Om 'n keuselys toe te maak sonder om iets te selekteer, druk .